Video: Só klink jy vir anderstaliges

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Sara Maria Forsberg (19) van Finland, se YouTube-video waarin sy aan moedertaalsprekers verduidelik hoe die persoon se taal vir anderstaliges klink, is binne drie weke reeds byna 10 miljoen keer gekyk.

Forsberg gebruik regte woorde uit die verskillende tale en meng dit met klanke wat gewoonlik vereenselwig word met dié tale. Sy praat dus totaal onsin, maar haar gesigsuitdrukkings en klanke gee moedertaalsprekers ʼn goeie idee van hoe dit klink.

Forsberg, ʼn kassier by ʼn supermark, is nou op pad na Los Angeles in Amerika om moontlik ʼn nuwe loopbaan in te slaan. Haar agent, Jere Hietala, het aan AP gesê Forsberg het reeds ʼn paar versoeke van reklameagentskappe ontvang.

Mikael Jakobsson, burgemeester van Pietarsaari het die stadsleutels aan Forsberg oorhandig as ʼn teken van die stad se waardering en gesê sy is moontlik “die bekendste persoon ooit” wat in dié kusdorpie met sy 20 000 inwoners gebore is. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.