[Video] Só klink ʼn Suid-Afrikaanse Kersfees

Suid-Afrikaanse-Kersfees

Foto: Skermskoot uit die video

Dis heerlik om dié tyd van die jaar na Kersmusiek te luister. Dit plaas mens in die regte stemming vir die feestyd en laat jou uitsien na gehaltetyd saam met jou gesin. Die meeste kommersiële Kersmusiek kom egter van die VSA af en daarom word daar baie na sneeu en ʼn “wit Kersfees” verwys.

ʼn Gesin van Kaapstad het besluit dié musiek is nie verteenwoordigend van ʼn Suid-Afrikaanse Kersfees nie en het daarom besluit om elke jaar ʼn tong-in-die-kies video van ʼn bekende Kersliedjie te maak. “My vrou, Nikki, het die laaste ruk so moeg geword om van sneeu en sneeumanne te hoor,” sê Chris Horn oor waarom hulle dié video’s maak.

Die Horns se eerste video “Jingle Bells SA Style” is in 2012 opgelaai en is sowat 10,000 keer gekyk. Hul nuutste video, “Carol of Bells South Africa”, is sopas uit en kan hier gekyk word.

Kyk gerus na verlede jaar se video “12 days of Christmas South Africa” wat ongeveer 137 000 keer gekyk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.