Video: Só lyk dit binne ‘n vuurwerkvertoning

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Jos Stiglingh van Rustenburg se video van ‘n vuurwerkvertoning in West Palm Beach, Florida in Amerika, is reeds meer as 7 miljoen keer op YouTube gekyk.

Stiglingh het ‘n GoPro Hero3 aan ‘n DJI Phanton 2 Quadcopter vasgemaak en toe met dié toestel deur die vuurwerkvertoning gevlieg.

Die musiek wat speel is Andrea Bocelli se Con te Partiro.

Een gebruiker op Reddit het geskerts dat dit vuurwerkvertonings vir altyd vir hom bederf het. ‘n Ander gebruiker het gesê dit voel of hy nog nooit vantevore vuurwerke gesien het nie.

Forbes het egter gewaarsku dat dit baie gevaarlik en onwettig is om met só ʼn toestel deur ʼn vuurwerkvertoning te vlieg. Die moontlikheid bestaan dat een van die vuurwerke die toestel kan tref en dit kan ʼn ontploffing veroorsaak of daartoe lei dat groter stukke puin op die toeskouers neerdaal. “Alhoewel hierdie persoon die toestel veilig kon beheer sonder om iets te tref, is daar nie ʼn manier wat hy dit kon beplan nie,” meen Gregory S McNeal, ʼn skrywer vir Forbes. “Dit was blote geluk, nie vaardigheid nie.”

Forbes het ook gewaarsku dat ʼn persoon ʼn groot boete of selfs tronkstraf opgelê kan word indien jy met só ʼn toestel deur ʼn vuurwerkvertoning of in ʼn gebied, wat deur die kuswag afgesper is, vlieg. Klik hier om meer te lees.

Maak seker jy kyk die video in hoë definisie indien jou rekenaar dit toelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.