[Video] Só lyk ʼn dapper muis

Foto: Skermskoot uit die video

Foto: Skermskoot uit die video

ʼn Ma sal berge versit om haar kind te beskerm en blykbaar is dit ook die geval met rotte.

ʼn Video wat die ronde op sosiale media doen, wys hoe ʼn rot verwoed ʼn slang aanvat toe die slang met die rot se kleintjie in sy bek probeer wegseil.

Die video, van ongeveer 53 sekondes, is deur Rojas Montecinos Envy op Facebook gelaai saam met die onderskrif: “Vandag toe ek op pad huis toe is, het ek gesien hoe ongelooflik die liefde tussen ʼn ma en haar kind kan wees.”

Die video wys hoe die ma-rot die slang aan sy stert gryp totdat die slang die kleintjie los en in die gras in probeer vlug. Die rot het dit nie daar gelaat nie en het selfs die slang agterna gesit.

Dis nie bekend watter slang dit was of waar die video geneem is nie, maar dit lyk of die kleintjie darem nie te erg beseer is nie.

Daardie slang sal twee keer dink voor hy weer ʼn rot aanvat…

https://youtu.be/FwtwNjLkfDU

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Se net ·

Wys jou maar net mense gooi hul kleintjies sommer maklik in die asblik of n swart sak , hierdie klein diertjie ver teen iets wat groter en sterker is terwill van haar kind. WATSE INTEGRITEIT HET MENSE wat hul kinders weg gooi.

Wiebo ·

Ja dit wys net, diere is beter as sekere mense. Diere fight vir hul kleintjies, en sommige mense maak hul kinders dood of gooi hulle weg……………….

Karma ·

Moederliefde ……………….. Aits, maar daardie rot-moedertjie vat nie twak van ou Niek se tjend nie! Maar ek is seker toe sy haar kleintjie optel in die bek om hom nes toe te dra het sy ook s’n sug van verligting geslaak, want eers word haar kleintjie deur ‘n slang gevang en toe amper papgery deur ‘n motor!

Karma ·

En toe Moeder Muis met die kleintjie in die bek by die nes aankom is dit: “Woeps-waps …. Ek … het … jou …. al …. woeps-waps ….. hoeveel keer …. woeps-waps ….. gesê om …. woeps-waps …. nie buite …. woeps-waps …. te speel … woeps-waps …. as ek …. woeps-waps …. gaan kos soek …. woeps-waps … nie!!!!”. Altans, dit is wat dié “MOeder Muis” sou gedoen het as die skrik nou eers bedaar het …… :-)))

HEVW ·

Karma stem saam. Dit is die dessipline wat deesdae toegepas moet word. En dan wil ek byvoeg die Afrikaner as volk maar as minderheidsgroep kan beslis ook hieruit n les leer!!!!!

marianne ·

Ma se kind!!!!
Wys jou – liefde ken geen perke nie!
Baie mense kan by daardie dapper moedertjie leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.