Video: Só lyk ʼn ongeluk teen 200 km/h

Skermgreep uit die video

Skermgreep uit die video

Daar is ʼn baie goeie rede waarom spoedbeperkings toegepas word, as mens dié video sien.

ʼn Poolse YouTube-gebruiker het ʼn video opgelaai om te wys wat gebeur as ʼn motor ʼn stilstaande motor teen 200 km/h tref.

Daar is van hoëspoedkameras gebruik gemaak om die beeldmateriaal te verfilm. Die motors is byna onherkenbaar ná die ongeluk.

https://youtu.be/znDw4iSEObQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Chris Ws ·

Daar is weinig wetstoepassing tov spoedperk handhawing op ons paaie die’ dat die meeste ongelukke se ernstigheids graad so hoog is.Die owerhede wil die spoed perke op meeste van ons land se paaie verlaag om ongelukke te verminder.Ek se hulle gaan niks reg kry nie.Die enigste manier sal wees om BAIE spoedlokvalle deur die land te hou ELKE DAG.Op die oomblik ry mens vir 600 of meer km om miskien EEN spoedlokval tee te kom!DIS waar die fout le in ons land – geen wetstoepassing op ons paaie nie.Om mens te stop en jou bestuurs lisensie te vra en om die voertuig te loop is nie wetstoepassing nie!Dis skimp vir ‘n Coke!

leon ·

Ek stem met Chris saam daar moet meer wetstoepassing wees, want die ou wat jaag gaan dit steeds doen al maak hulle die spoedgrens wat ookal

JoeV ·

Hulle kan die spoed grens afskaf. Baie selde dat spoed die oorsaak van bostsings is. (*) Meestal is daar ‘n voorafgaande reël gebreek deur byvoorbeeld oor sper streep te ry, stopstraat verontagsaam of draai sonder rigting wyser ens. Die botsing se geweld word wel deur spoed bepaal.
* Meeste mense sit agter stuur van voertuig “ontspanne” asof hulle in die voorhuis sit. (in die regter baan nogal) Ek bestuur gereeld meer as 60k km per jaar en kan jou verseker dat meeste ongeluke word deur nalatigheid veroorsaak, of deur bestuurders wat nie weet wat om in noodgeval te doen nie. (band bars, wild / diere in die pad ens.)

Hanika ·

Ek stem dat dit nie gaan werk om spoed te verlaag nie. Maak 3 bane met verskillende spoed grense. En as moter wat stadig ry in vinnige baan ry moet hy bedoed word. Karre wat onpadwaardig is en stadig ry is meer n gevaar vie ons op paaie

My tweesent bydrae ·

In Soutpansbergstraat dink motoriste jy is mal as jy sestig kilometer n uur ry .

Kaufman ·

Enigiemand wat welbelese en die wereld al gesien het sal weet dat laer spoedgrense lewens spaar, maar so ook om padreels toe te pas. Daars bloed aan die hande van ons korrupte verkeersdepts, en hopelik sal hulle eendag daarvoor verantwoordelik gehou word.

James ·

Spoed is een probleem ,maar dan word jou voertuig van ń maand oud na gegaan vir sy bande,lisensie,toeter en nog meer.Terwyl ek daar staan en wag dat hulle moet klaar maak,wys ek die verkeersman na al die ander voertuie se foute,oorlaai,sonder ligte,sleepwaentjies sonder ligte en oorlaai en nog beeste wat langs die pad staan.Sy antwoord was iemand vorentoe sal hulle af trek en hulle weet nie wie die eienaar van die beeste is nie.

Frans C ·

Natuurlik moet spoed ‘n bydraende faktor wees, want stistaande voorwerpe kan nie bots nie.
Die groot probleem is die oordrewe aansprake van motorvervaardigers van hoe veilig hul motors is en word die klem op werkverrigting gelê.

Al die goed skep ‘ valse gevoel van gerustheid by bestuurders want die sensasie van werkverrigting veral in hoë werkverrigting motors raak vele kere te veel vir veral jonger bestuurders, wat graag daaroor spog.

‘n Oplossing kan wees veral op tolpaaie om motoriste behalwe tolgeld ,’n aankoms en vertrekkaart te gee wat by die volgende tolhek ingehandig moet word, kom jy voor die tyd daar kry jy ‘n boete, bo en behalwe jou tolgeld en word in ‘n rusarea geplaas om af te koel,vir die tydperk wat jy te gou by die tolhek eengekom het.

Dalk kom almal dan heelhuids by hul vakansiebestemming aan.

Logies ·

Hulle moet net alle pad motors se top spoed wat hy kan ry, verander na 120km/h
Probleem opgelos!

Johan ·

Al die “spoed-hatende” mense, nou wat dink julle van die Duitse autobahn en ander lande wat paaie het sonder spoedgrense? Is hulle owerhede mal?

Net omrede julle bang vir spoed is of nie die nodige vaardighede agter die stuur het nie, is dit nie nodig om almal onder die kam te skeer van “spoed is ‘n euwel” nie! By verre meeste van ongelukke word veroorsaak deur nalatigheid (selfoon of nie spieels gebruik nie) en deur onpadwaardige voeruie met gaar bande en skokbrekers.

Ek oortree gereeld die spoedgrens, maar doen dit slegs waar dit veilig en geleë is (bv. oop pad, nie in ‘n woonbuurt nie), my motors is ontwikkel vir die autobahn en altyd in ‘n perfekte meganiese toestand, en ek het die ervaring en nodige kursusse agter die blad om met vrymoedigheid die spoednaald bo 120km/h te vat. Ek het selfs al die voorreg gehad om ‘n Audi A4 Avant (familie-stasiewa) 260km/h op die autobahn te druk – en ek lewe nog!

So waarom ry ons spoedvrate vinnig? Want dit is lekker! As jy dit nie verstaan nie, sal jy ook nie.

Om mee af te sluit: die wat so graag spoed kritiseer: hoe gereeld gaan jy jou kar se banddruk na? ‘n Band wat onder druk is kan BAIE makliker tot ‘n ernstige ongeluk lei – al is jou spoed onder die spoedperk – versus hoë spoed alleen…

Speedguard ·

Johan , din jy werklik die bestuurders in SA sal by die reels kan hou met hul tegniek en die toestand waarin die voertuie is, ek self is in ‘n beroep wat ek dit uurliks erfaar en kan ek jou waarborg, dat die persentasie van bestuurders lisensies wat “verkry” word 80 % en meer is , Padwaardigheids sertifikate , Geskiktheid sertifikate, om nie eensvan te praat oor die sogenaamde profesionele bestuurs permit nie, vir laasgenoemde word daar nie eens getoets nie, net ‘n mediese sertifikaat ,SAP rekord wat ALLES verdag is word benodig en “Bobs your Uncle” dan betaal jy jou ekstra geldjie vir die Keiser en dit is dit !! Nou is jy profesioneel! Wat ‘n grap !

Frans C ·

Jou kommentaar maak nie sin nie want jy is nie alleen op die pad nie en het ook nie alleenreg op die pad nie.As jy werklik iets geweet het , sou jy besef het dat jou reaksie tyd relatief tot die spoed is wat jy beweeg.Teen 260 kmu het jy 380 meter nodig om te stop op ‘n gewone droê teerpad.

Teen 120kmu 81 meter. Nou sal jy verstaan hoekom karre in mekaar jaag want as jy op ‘n ou se agterent ry veral op snelpaaie het jy nie ‘n kat se kans om betyds te stop nie, al werk jou abs hoe goed.

As jy wil jaag hoekom gaan jy nie na ‘n renbaan en kompeteer met ouens wat werklik weet
hoe inherenr gevaarlik spoed is.

Susan ·

Die video is gemaak om ons te wys wat gebeur wanneer ‘n voertuig teen ‘n hoe spoed teen ‘n stilstaande voertuig bots – dit is nie gemaak om ons te dwing om spoedgrense te verander nie. Geen ongeluk word deur spoed veroorsaak nie en selde word daar teen ‘n stilstaande voorwerp (motor/boom/muur/ens) vasgery. Ongelukke gebeur omdat bestuurders verkeerd optree. Hulle is dronk, gehoorsaam nie die padreels nie, “show” af, en dies meer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.