Video: Só maak jy jou eie battery

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Paar bronsmunte, stukkies karton wat in asyn geweek is en ʼn klein stukkie foelie is bykans al wat jy nodig het om jou eie battery te maak in ʼn noodgeval.

DaveHax verduidelik in dié video hoe jy die munte, karton en foelie op mekaar stapel. Maak dan ʼn stukkie draad met kleeflint vas en kyk hoe jou battery werk!

Sy stapeltjie van 10 munte bied 4 volt en dit was genoeg krag vir sy televisie se afstandbeheer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Knersus D ·

Alternatief – suurlemoen met ‘n sink skroef en ‘n geel-koper skroef. Die potensiaal verskil tussen die 2 skroewe is 1.8V.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.