In vandag se episode wys Suzelle DIY jou hoe om ʼn bed vir jou honde-kind aanmekaar te slaan. Al wat jy nodig het, is ʼn ou trui, kussingstopsel, ʼn kussing en ʼn bietjie wol.
Dit is ʼn maklike dog spesiale manier om jou viervoetige kind te bederf en selfs mense wat nie seker is hoe ʼn naald en garing werk nie, sal nie te veel sukkel nie.
Die inspirasie vir dié idee is sekerlik afkomstig van die gas wat sy verskyning maak op vandag se episode. Aanvanklik is Suzelle nie in haar skik met die gas wat Marianne moes reël nie, maar dié besoeker is so sjarmant dat hy gou Suzelle se hart wen.
Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.
Dis baie oulik.
Baie, baie oulik dankie! Ek het net gister na hondebeddens gekyk en dit was te duur vir my – R1000 – R1400!
Hond bly maar mens se beste vriend.
Reg vir kleinerige hond maar beslis nie vir labbie in die video nie, hy/sy val oral af aan die kante. Dalk vir spanjoel of klein hondjies
Suzelle bly my kampioen – ek hang aan haar lippe. Haar lus vir die lewe is aansteeklik. Hou so aan, Suzelle! Jy maak my lewe beter.