Die video volg onderaan die berig. Stephen Cronk van Mirabeau Wines het in ‘n YouTube-video ‘n nuttige wenk bekend gestel van hoe om ‘n bottel wyn oop te maak sonder ‘n kurktrekker.
“Dis redelik eenvoudig,” verduidelik hy.
Mirabeau-wynlandgoed is geleë in Cotignac, in die hartjie van Provence, Frankryk. Stephen se wyne word nou in ses lande wêreldwyd verkoop.
Die video is die afgelope sewe dae reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.