Video: Só maak mens as jy op ‘n lughawe gestrand is

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

So wat doen jy as jy oornag op ‘n lughawe gestrand is en wag vir jou vlug die volgende oggend? Jy maak ‘n musiekvideo op jou iPhone van Celine Dion se treffer ‘All By Myself’.

Of altans dis wat Richard Dunn besluit het om te doen toe hy by die McCarran Internasionale Lughawe in Las Vegas moes oornag terwyl hy op sy volgende vlug gewag het. Die video is al miljoene kere gekyk sedert dit aanlyn opgelaai is.

Daar is egter die wat wonder of Dunn regtig die video self geskiet het? Dunn beweer dis inderdaad so en dat hy ‘n onder meer sy foon aan ‘n rolstoel en sy tas vasgeplak het om die video te skiet.

All by myself from Richard Dunn on Vimeo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.