Gav van die Slow Mo Guys wys in hierdie video hoe vinnig ʼn digitale enkellensrefleks (DSLR)-kamera werk wanneer ʼn foto geneem word.
Die kamera in die video is ʼn Canon 7D en dit is ʼn baie goeie demonstrasie van hoe ʼn kamerasluiter werk.
Die video is verfilm teen 10 000 raampies per sekonde.
Dit is net eenvoudig fantasties hoe hy die fotos kan neem.