ʼn Video wat jou aanspoor om sonbrandroom te gebruik is die afgelope week reeds bykans 8.5 miljoen keer gekyk.
Thomas Leveritt, ʼn kunstenaar van New York in Amerika, het onlangs mense op straat gewys hoe hulle onder ultravioletlig lyk. Die deelnemers was geskok om die sonskade op hul velle te sien. Leveritt wil met dié video almal aanmoedig om sonbrandroom, wat UV-lig blokkeer, te gebruik.