[Video] Só sien Wagter die troue

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Marshall en Addie Burnette het nie tyd gehad om ʼn professionele videograaf te huur vir hul blitstroue nie.

Die webwerf metro.co.uk berig die egpaar is op die Roan-bergreeks in die Amerikaanse deelstaat Tennessee getroud en het hulle poolhond, Ryder, die groot werk gegee om hul spesiale dag op kamera vas te lê.

Die egpaar het ʼn GoPro-kamera aan Ryder se rug vasgemaak en haar losgelaat om die gebeure af te neem. Ryder se beeldmateriaal wys onder meer hoe die egpaar gereed maak vir hul groot dag, ringe uitruil en die viering wat daarop gevolg het.

Die video is vroeër die maand op YouTube gelaai en is al amper ʼn miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rudy ·

Aaahhh, dit maak my so gelukkig as mense hul diere met soveel liefde behandel.

Muller ·

He he dis so oorspronklik en oulik en ongelooooflik mooi
Hond se kind was baie bevoorreg gewees om deel te wees van so ‘n mooi sprokie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.