Video: Só sou Springbokke in Olimpiese Spele vaar

Pat Lambie hou sy lyf kanovaarder.

Pat Lambie hou sy lyf kanovaarder.

Die Springbokke het ʼn paar ander sportsoorte aangedurf as deel van ʼn boodskap van ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Olimpiese span.

Die video begin met die Springbokke wat hul liefde vir rugby verklaar. “Maar wanneer dit by ander sportsoorte kom…,” lui die boodskap voor die een speler na die ander verskeie Olimpiese sportsoorte beoefen, of altans probeer.

“Die beste wat ons kan doen is om by die res van Suid-Afrika aan te sluit en ons Olimpiese helde alle sterkte toe te wens vir die 2016 Spele in Rio,” sluit die video af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.