Video: Só spring jy 15m hoog van ‘n waterwurm af

Devin Graham, ʼn rolprentmaker, het onlangs die Bullfrog Marina by die Powell-meer in Utah, Amerika, besoek om advertensiemateriaal vir ʼn nuwe kamera te verfilm.

Graham het die video, The Blob, as die gebruiker devinsupertramp op YouTube gelaai. Een persoon spring van ʼn plesierboot af op ʼn waterwurm en lanseer ʼn ander persoon meer as 15 meter hoog. Contour, die maatskappy wat die kameras vervaardig en hul nuwe Contour ROAM 2-kamera wou bekendstel, het die video geborg en as advertensie gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.