Video: Só vier mens jou 89ste verjaarsdag

Nana Feole

‘n Ouma wat sosiale media op hol het met haar dansery, het Vrydag haar 89ste verjaarsdag gevier.

‘Nana’ is ‘n internet-fenomeem wat met haar danspassies reeds miljoene kykers op YouTube vermaak het. “Ouderdom is slegs ‘n getal. 89, maar ek voel vandag 18, baby!” het Nana op haar amptelike Facebook-blad geskryf. Sy het onlangs in ‘n tehuis vir bejaardes ingetrek. Haar kleindogter, Chelsey Feole, sê dit gaan baie goed met haar en sy is een van die personeel se gunstelinge.

“Sover dit hierdie lewensveranderinge aangaan was die oorgang vir Nana en ons hele gesin aanvanklik baie erg, maar sy is geesdriftig en sy is een van die gunstelinge! Die 24/7 sorg wat Nana nou kry is vir ons hele gesin ‘n verligting. Sy kan gereeld eredienste bywoon, deelneem aan groepsaktiwiteit, nuwe vriende maak en natuurlik kan sy nou die hele dag lank dans wanneer daar ook al musiek gespeel word!” het Feole bygevoeg. Familielede besoek haar daagliks.

Feole het Vrydag verjaarsdagkoek en verjaarsdagversierings na die tehuis geneem. “Ons sal as gesin Sondag lekker middagete saam geniet om almal saam haar verjaarsdag te vier. Wat ‘n wonderlike mylpaal – 89 grotes, dis so opwindend!”

Die video is reeds deur meer as 3 miljoen mense gesien, en Nana het reeds drie video’s van haar dansery op YouTube publiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.