[Video] Só vinnig kan ‘n boom voor ‘n motor omval

Skermgreep uit die video

Beeldmateriaal van ʼn paneelbordvideokamera wys hoe vinnig ʼn boom voor ʼn motor kan omval.

ʼn Motoris in Spalding County, Georgia, het die beeldmateriaal verfilm toe die boom tydens ʼn storm voor ʼn ander motor omgeval het.

April Baxter het in die motor gery wat die boom getref het. Sy het aan WSB gesê sy het gedink sy gaan sterf. “Ek het my oë toegemaak en die lugsakke het afgegaan. Dit het alles so vinnig, so vreeslik vinnig, gebeur.”

April het gesê, ndat sy die video gesien het, is sy baie dankbaar dat die persoon agter haar nie in haar vasgery het of dat sy ʼn sekonde later daar aangekom het en die boom dalk bo-op haar voertuig geval het nie.

Die storm was deel van tropiese storm Irma wat Georgia en ander dele van die VSA geteister het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stuurwiel ·

Weereens ‘n bewys dat volgafstand uiters belangrik is selfs al ry jy met ‘n haastige dubbelkajuit.

Danie ·

Slim mense weet dat volg afstand belangrik is. Hulle weet ook dat verkeersreëls eintlik daar is om jou te beskerm en jou veilig te hou. Om daardie rede het die persoon wat agter die voertuig gery nie ook nog in die voertuig vasgery het nie. Ongelukkig het die deursnee ou in Suid-Afrika wat hierdie tiepe voertuig ry nie, ‘n baie laer vlak van intelligensie. Die verskeie video’s wat die laaste ruk op sosiale media verskyn het is ‘n goeie voorbeeld van hoe erg dit eintlik is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.