[Video] Só warm jy kan ʼn eier buite bak

Skermgreep uit die video

Dit is tans só warm in die Verenigde Arabiese Emirate dat jy ʼn eier buite kan bak – soos dié man in die video demonstreer.

Die video is Dinsdag op die gebruiker fatafeatchannel se kanaal op Instagram gepubliseer. Die temperatuur was ongeveer 50°C.

Hy verduidelik hy het die pannetjie ongeveer 10 minute in die son gelaat en gooi dan bietjie olie in die pan voor hy die eier bak. Dit neem minder as ʼn minuut vir die eier om gaar te word.

“Dis hoe ons dit in Dubai doen. Sunny side up… dis gereed!”

Daar is verlede maand berig hoe bande van vragmotors in die teerpad weggesink het toe die teer begin smelt het teen 52°C in die streek.

Volgens Accuweather is die temperatuur vandag 47°C.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

E ·

Daai pan was op n stoof
Hoekom kook die eier nie in die glas bakkie nie
Treurige berig ?

Robert ·

@ E: die oppervlakte van die pan blootstelling aan die eier is groter in die pan as in die glasbakkie. Dis ook die metaal van die pan wat die eier bak die glas word nie so warm nie.

Joe ·

Die swart pan was vir tien minute in son gelos. Die glas nie.

Mr_Gee ·

Glo my dis moontlik, Het al baie in UAE gereis en ek is tans in Irak, net so warm hier. Het laas week ook hier op 52 gedraai en n deurhandvatsel brand jou as jy daaraan vat. Ons ablusie geriewe het eksterne watertenks en ek stort nie voor 8uur in die aand nie anders brand die koue water jou.

zahn ·

Ek gaan nie sê dis onmoontlik nie, maar wat vir my verdag is, is dat die olie borrel van die hitte. As die eier stadig warm geraak het, en die wit geleidelik gestol het, sou ek dit makliker kon glo. Maar die eier bak binne sekondes? Bietjie nie so ayoba nie.

Dubai ·

Vir die wat al in Dubai was sal dit glo. Dis nie net die aanvoelbare hitte nie. Die direkte sonlig verskroei jou daar! Lol!

Theresa B ·

Nee magtig – daar sal jy my nie kry nie. Ek en hitte is nie maats nie. Wow!! Sterkte vir die mense wat daar bly.

Jan ·

As mens die berig lees sal jy sien die pan is eers vir 10 minute in die son gelaat. Nie die glas bakkie nie. Die pan is dus toegelaat om hitte op te bou. Gaan gooi ‘n eier op ‘n warm stuk plaat en sien wat gebeur. Dan ook, sommige mense beskou ‘n eier as gaar as die wit gestol het maar die geel is nog loperig. Vir ander weer is die eier gaar as die wit begin crispy raak en die geel geheel hard is.

Meraai ·

Ek dink as jy dalk nog langer in die son staan mag die geel dalk ook hard word. Of as hy omgedraai word ook dalk. Ek weet in die suide van Namibia het my oupa op die warmste deel van die dag nie buite gewerk nie. My pa vertel altyd jy los dan daar nie ‘n spanner in die son nie, want vat jy dan aan hom brand hy vir jou.

paul ·

ek bly in Oman en hier loop hy 58 grade so 2maande terug.en glo my.eiers is nie al wat bak in die klas hel nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.