Video: Só was jy jou hande behoorlik

Argieffoto (Foto: Martin Slavoljubovski/Pixabay)

Voor die uitbreking van die nuwe koronavirus (Covid-19) was meeste van ons waarskynlik onder die indruk dat daar nie klomp verskillende maniere is om jou hande te was nie.

Die gebruiker David Gravelle het egter ʼn video op sosiale media gedeel wat wys hoe jy kan seker maak jou hande is deeglik en behoorlik gewas. Hy gebruik handskoene en swart ink sodat mens presies kan sien watter dele jy dalk mis as jy net “gewoonweg” jou hande was.

Kenners beveel ook aan dat jy minstens 20 sekondes lank jou hande moet was. Sing gerus twee keer vir jouself “Veels geluk liewe maatjie” terwyl jy jou hande was om seker te maak jy spandeer genoeg tyd by die wasbak (met die kraan toegedraai, natuurlik!).

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lollapot ·

Ek was my hande beslis nie skoon, as ek na hierdie video kyk nie! Baie dankie Maroela, ek hoop meer as net ek kan ‘n les leer hier. . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.