[Video] Só word borrelgom gemaak

Argieffoto (Foto: LiveLaughLove, Pixabay)

Hierdie video verduidelik hoe borrelgom in ʼn fabriek gemaak word.

Boomhars is aanvanklik gebruik om borrelgom mee te maak, maar deesdae is dit sinteties en rubber en plastiek word aanvanklik in die masjien gegooi voor kleursel en geursel bygevoeg word. Daarna volg glukosestroop as versoeter. Die glukosestroop help ook om die borrelgombasis sag te hou.

Die borrelgom word dan verhit voor dit in lang repe uitgedruk word en daarna verkoel word.

ʼn Enkele masjien sny die stroke in die regte grootte en dit word dan in die omhulsel verpak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Estelle ·

Rubber en plastiek? En party mense sluk hulle kougom in?!

Grotman ·

Rubber? Plastiek? My genade mense! Ons word gif in gegee en weet dit nie eens nie. Hoeveel ander dinge wat ons eet of drink bevat ook sulke of erger gemors.

Sug ·

is borrelgom nie ‘n direkte vertaling van “bubble gum” nie? Ons is geleer dit is kougom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.