[Video] ‘Sokkerskilpad’ ʼn internetsensasie

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn skilpad wat soos ʼn ware sokkerster met ʼn bal speel, is al meer as 45 miljoen keer op Facebook gekyk.

In die video kan gesien word hoe die skilpad, Bubba, so vinnig as wat sy skilpadbeentjies hom kan dra agter die bal “aanhardloop” en dit met sy kop heen en weer oor die kombuisvloer stamp.

Paul Milham, Bubba se eienaar wat in Aylesbury in Brittanje woon, het aan BBC News vertel dat die bal toevallig op die vloer gelê het toe die gesin Bubba oudergewoonte uitgelaat het om rond te beweeg en ʼn bietjie oefening te kry. “Hy het die bal opgemerk en reguit daarop afgepyl, wat vir ons skreeusnaaks was. Toe dink ek ek sal hom afneem en sommer vir die pret op Twitter deel,” het Milham gesê.

Unilad het Milham se video op sy Facebook-blad gedeel waar dit binne ʼn week 45 miljoen keer gekyk is, 711 000 keer gedeel is en 155 000 kommentare ontlok het.

Tortoise Plays With Ball Like Dog

"My pet tortoise thinks he's a dog" ????????via Newsflare

Posted by UNILAD on Thursday, March 23, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.