Video: Speelgoed lei tot gesin se bankrotskap

Chris Robinson by sy versameling Beanie Babies

Die video volg onderaan die berig. Chris Robinson en sy familie het in die vroeë 90s sowat $100 000 (bykans R1 miljoen) aan Beanie Babies spandeer in die hoop dat dié versameling eendag genoeg werd sal wees om vyf kinders tersiêre onderrig te bied.

Robinson, van Los Angeles in Kalifornië, Amerika, het ‘n ernstige versamelaar geword en besit vyf Beanie Baby-versamelings, een vir elke kind.

Die Beanie Baby-gier het egter net ‘n paar jaar lank aangehou en die familie is nou opgeskeep met duisende Beanie Babies. Robinson sê egter hy is nie spyt oor die ervaring nie en hoop dat Beanie Babies eendag weer gewild sal wees.

Die gesin se oudste seun, Chris Robinson, het in 2009 ‘n kort dokumentêr oor die gesin se geskiedenis met Beanie Babies verfilm vir ‘n rolprentvervaardigersklas wat hy by die Universiteit van Arizona bygewoon het. Dazed Digital, wat onlangs ‘n onderhoud met Chris gevoer het, het die video weer gewild gemaak op sosialemedia-platforms.

Chris het onderhoude met sy broers, Christian en Taylor, sy ma Lesleigh en pa Chris Robinson sr. gevoer om meer uit te vind oor die obsessie en die impak wat dit op hulle gesin gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.