Video: Speelgoedhond laat ander honde spaander

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn speelgoedhond wat regte honde die skrik op die lyf jaag, maak weer opslae op sosiale media.

Die video, wat reeds in Augustus op YouTube gelaai is, maar nou weer die rondtes doen, was Sondag al  meer as vyf miljoen keer deur sosiale mediagebruikers gekyk.

In die video word ʼn speelgoedhond met ‘n lekker sappige been strategies in ʼn park in Quebec, Kanada geplaas. Verskeie ander honde kom versigtig nader om hierdie snaakse “hond” te ondersoek en die gevolge is skreeusnaaks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

En julle punt is…????
Ek hoop elke hond wat so getryter word, het agterna ‘n lekker been gekry ??!!

Eliza-beth ·

Ag Theresa man… bietjie humor doen niemand skade nie! Ek het nou heerlik gelag op die Maandagoggend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.