Die video, wat reeds in Augustus op YouTube gelaai is, maar nou weer die rondtes doen, was Sondag al meer as vyf miljoen keer deur sosiale mediagebruikers gekyk.
In die video word ʼn speelgoedhond met ‘n lekker sappige been strategies in ʼn park in Quebec, Kanada geplaas. Verskeie ander honde kom versigtig nader om hierdie snaakse “hond” te ondersoek en die gevolge is skreeusnaaks.
En julle punt is…????
Ek hoop elke hond wat so getryter word, het agterna ‘n lekker been gekry ??!!
Ag Theresa man… bietjie humor doen niemand skade nie! Ek het nou heerlik gelag op die Maandagoggend!