Video: Speelgoedtreintjie besoek die ruimte

Wat doen mens as jou 4-jarige seuntjie daarvan droom om sy gunsteling speelgoedtreintjie ruimte toe te stuur?

Ron Fugelseth, ‘n vingdingryke pa van Tracy in Kalifornië, Amerika, het besluit om sy seuntjie, Jayden, se droom te bewaarheid. Op 24 Augustus het hulle Jayden se gunsteling speelding, Stanley die trein, met ‘n weerballon en ‘n hoëdefinisie-kamera in die ruimte in gestuur. Hulle het boonop ‘n ou selfoon met GPS aan die Stanley vasgemaak om seker te maak dat hulle hom na die tyd weer sou opspoor. Stanley het in ‘n mielieland, sowat 40 km van waar hulle hom lanseer het, geland.

Ron het die speelgoedtreintjie se gesigsuitdrukkings ná die tyd met ‘n fotomanipuleringsprogram aangepas om seker te maak dat Jayden soveel as moontlik genot uit die beeldmateriaal sou put.

Die video is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.

Klik hier om dié avontuur se Facebook-blad vir meer inligting te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.