Video: Speurhond dalk die antwoord op verlore goedere?

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die lugredery KLM se toegewyde span wat verlore items by die Schiphol-lughawe in Amsterdam moet opspoor, het glo ʼn buitengewone spanmaat gekry wat verseker dat passasiers selfs nóg breër glimlag.

Volgens hierdie advertensievideo van die lugredery het dié spesiale spanmaat na bewering al van ʼn verlore teddiebeer tot selfs ʼn skootrekenaar, wat in die lugredery se sitkamer agterweë gelaat is, aan die regmatige eienaars terugbesorg.

Volgens die advertensie het die bemanning verduidelik dit is soms moeilik om die passasiers op te spoor, maar die speurhond met sy gepaste naam, Sherlock, snuffel hulle sommer maklik uit.

Ná kykers se opgewondenheid oor dié oulike klein brakkie, blyk dit nou egter dat KLM die hond net gebruik het as deel van sy reklameveldtog om te verduidelik hóé besorg die span oor hul passasiers se persoonlike items is en dat hy ongelukkig nie voltyds deel is van die span nie. KLM bly onduidelik oor die aangeleentheid op sosiale media en het slegs aangedui Sherlock is hulle “gelukbringer”.

Ondanks die omstredenheid bly dit ‘n oulike video, en speurhonde is dalk net die ding wat lugrederye benodig. Passasiers sal selfs moontlik doelbewus items in die vliegtuig agterlaat!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.