[Video] Spinnekop dra muis weg

Foto: Jason Womal, Facebook

Foto: Jason Womal, Facebook

Buiten Australië se dodelike slange, mensvreterkrokodille en giftige jellievisse, is daar nou ook Hermie, ʼn spinnekop só groot en sterk dat hy ʼn groterige muis teen ʼn yskas kon wegdra.

Jason Womal van Queensland in Australië, het Sondag ʼn video van die spinnekop, wat intussen “Hermie” gedoop is, op Facebook gelaai. Womal verduidelik sy buurman het hom omstreeks 00:30 gekontak en wou weet: “Wil jy iets cool sien?”

By die buurman se huis het hy die spinnekop aan Wormal gewys. “Wat gaan hy met hom doen? Man, dis so cool,” sê ʼn stem op die video.

Die video is reeds meer as 11 miljoen keer op Facebook gekyk.

Womal het later in ʼn plasing op Facebook bevestig dit gaan goed met Hermie. “Ons het hom aangeneem. Hy betaal ook huur,” het hy geskerts.

Helen Smith, ʼn spinnekopkenner van die Australiese museum, het gesê dit is onwaarskynlik dat die spinnekop self die muis doodgemaak het. “Ek sal verbaas wees indien die spinnekop ʼn muis aangeval het, en die gif sal boonop ook nie vinnig genoeg kan werk nie,” het sy aan The Guardian gesê. “Ek is ook agterdogtig, want die muis lyk nogal styf – asof dit al vir ʼn wyle dood is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Uvonka ·

Oe dit is grillerig. Dit is ‘n spinnekop van epidermiese proporsie en ek sal soos daai muis wees…….dood as ek so ‘n gedierte moet teekom.

Uvonka ·

Heeltemal te verstane Rene, maar o wee, my blaas sal my verlaat!

Alki ·

Dit lyk omtrent net soos ons reënspinnekoppe wat ook so groot kan word, hulle vang geitjies en akkedisse ook, kos is kos, hy gaan lekker eet aan daardie muis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.