Video: Spoedvraatresies tussen superfiets, super­motors, F1-motor en vliegtuie

Skermgreep uit die video

Drie supermotors, ʼn superfiets, ʼn Formule 1-motor, ʼn privaat vliegtuig en ʼn vegvliegtuig het mekaar onlangs die stryd aangesê tydens ʼn tegnologiefees.

Die wedren het op 20 September op ʼn 400 meter lange aanloopbaan by die nuwe internasionale lughawe in Istanbul in Turkye plaasgevind. Die vyf bestuurders het op die stuk pad gery terwyl die vegvliegtuig en privaat vliegtuig langs hulle opgestyg het.

Dié geskiedkundige wedren was deel van die lugvaart-, ruimte- en tegnologiefees wat in Oktober by dié lughawe gehou word as deel van sy amptelike opening.

ʼn Kawasaki H2R-motorfiets, Tesla P100DL, Aston Martin New Vantage en Lotus Evora GT 430 het onder andere deelgeneem.

Jake Dennis, Britse Formule 1-bestuurder agter die stuur van die Red Bull Formule 1-motor, het aanvanklik gelyk of hy met die louere sal wegstap, maar Supersport-wêreldkampioen Kenan Sofuoglu, van Turkye, het uiteindelik met sy Kawasaki H2R eerste oor die wenstreep gejaag. Dennis in die F1-motor was tweede en Solo Turk se F16-vegvliegtuig in die derde plek.

Emma Kimilainen, professionele renjaer van Finland, het vierde oor die wenstreep gejaag met haar Tesla P100DL.

Turkse tydrenjaer en Red Bull-atleet Yagiz Avci was agter die stuur van die Aston Martin New Vantage en motorfietsryer Toprak Razgatlioglu het die Lotus Evora GT 430 bestuur.

Die 34-jarige wenner Sofuoglu het in Junie vanjaar met ʼn politieke loopbaan in Turkye begin ná hy sy uittrede uit motorfietswedrenne aangekondig het.

https://youtu.be/NM09yc0eyH0

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Daan Erasmus ·

Dit is nogal jammer dat daar geen elektriese voertuie by was nie. Dit sou dalk insiggewend gewees het. Het iemand dalk versnel syfers van elektriese voertuie.

Stokkies ·

Ag nee sies man, elektriese karre word nie geag as n kar nie

Boxer ·

Ek dink persoonlik die aanloopbaan was nie 400 m lank nie moes baie langer gewees het om daai tipe vliegtuie en die motors en motorfiets te kon laat ry het volspoed en vir die vleigtuie om te kon opstyg.

Duh ·

Natuurlik is die aanloopnaan langer, n “drag race “ word egter bepaal oor 400 m

Ettienne ·

Wys jou net…. en die superbike is die goedkoopste van die lot.
As die baan langer was sou die motorfiets waarskynlik nog steeds gewen het.

Erika ·

Ek dank ulle vir die moontlikheid Afrikaans te leer. Ek maak verskoning vir al die geskepte taal foute en ek hoop dat ek dalk ‘groen’ vriende vind in die skoon Suid-Afrika .
P.S. ek he hierdie vertaling gevind op internet . So ek dink dat daar is nie baie faute sal nou gevind word . En so leer ik die taal bietjie deur bietjie .
As enigiemand wil graag ruil boodskappe met my in Afrikaans , dan ek sou waardeer dit .
Vriendelike groete van Flanders
Erika

Cherokee ·

Baie dankie vir hierdie mooi bydrae van jou, Erika. Jou Afrikaans is pragtig! Jy kan gerus gereeld in hierdie forums met ons gesels.

E.K. die eerste ·

Erika – jy is ‘n voorbeeld vir ander. DIS hoe mens die taal leer. Deur te LEES en naatuurlik, as jy kan, dit te praat. Hopelik lees jy ander Afrikaanse aanlyn tydskrifte ens ook, Dis hartseer dat jy die taal moet leer ken waar so baie berigte is oor moord en doodslag in ons land! Maar dis hoe dit is hier…

Baardbek ·

Goeiedag Erika! Gesels graag met jou direk. Stuur asseblief jou e-pos adres, dan praat ons direk. Geniet die dag!

Pieter ·

Hmmmm net jammer hulle noem dit die moeder van alle “drag races”want daar kort a paar name wat dit tog meer kompenteerind sou maak, dit was nie die vinnigste sport motors wat deel geneem het nie……..

Gerhard ·

Ek vermoed die enigste rede waarom die F1 nie gewen het nie is koue bande.

Ettienne ·

Natuurlik was die bande van al die warm gemaak ens.
Die Kawasaki H2R het top spoed van oor 400km/h waar die F1 motor onder is.
Pieter….. ek dink dis sou fantasties wees as Big Chief van Street Outlaws daar was. (Alhoewel hulle net 200m afstand jaag)

Vraagteken ·

As daardie F1 voertuig een van die nuwe Hybrids was met die V6 dan sou daardie fiets hom nie gesien het. Terloops Ettienne, in 2005 het BAR met Allan Venter 400 km/h gehaal in die salt flats (net so bietjie inligting). Ek stem wel saam dat daardie Redbull sukkel om 350km/h te haal.

Gerhard ·

Jy kan duidelik in die video hoor aan die enjin se toere die F1 sukkel om vas te trap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.