Frank Dimitri (74) van Arizona in Amerika hakkel al sy lewe lank en het nie die selfvertroue gehad om voor mense op ‘n verhoog te sing nie.
Dié afgetrede kroegman het egter onlangs tydens die televisieprogram, America’s Got Talent, opgetree. Hy het Frank Sinatra se “I’ve got the world on a string” gesing en die beoordelaars en gehoor se harte gewen. Howard Stern, een van die beoordelaars, het gesê Frank het Tony Bennett en Frank Sinatra uitgestof.