ʼn 360°-video van ʼn skildery van Vincent van Gogh, “Die Sterrenag”, het sosialemediagebruikers gaande. Jy klim as’t ware binne-in die skildery en kan reg rondom jou rondkyk.
Die video is deur 3D Motion Magic Shanghai vervaardig.
Maak seker jy kyk die video op volskermgrootte en “stap” in die dorpie rond deur jou slimfoon te draai om rondom jou te kyk of gebruik jou muis as jy op ʼn rekenaar is.
Die video is al meer as 9 miljoen keer op Facebook gekyk.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Wow, dis pragtig
Wowww ASEM!!!! Fantastiese idee hierdie!!!