Video: Stappies met ʼn 25 jaar oue skilpad

Skermgreep uit die video

Ontmoet Bon-chan, ʼn 25 jaar oue skilpad wat nou ʼn internet-bekende is ná ʼn video op sosiale media gedeel is waar sy eienaar hom vir ʼn stappie vat.

Bon-chan se eienaar is Hisao Mitani, ʼn 68-jarige begrafnisondernemer, en die twee gaan stap daagliks in Tsukishima in Tokio, Japan.

Die gebruiker sugoimart het ʼn paar dae gelede ʼn video van die twee op TikTok gedeel en dié video is reeds meer as 7 miljoen keer gekyk.

Hisao het in 2019 in ʼn onderhoud met Play Tokyo gesê hulle het vir die eerste keer gaan stap toe Bon-chan maar 10 jaar oud was. “Ons het drie verskillende roetes. Ons het die eerste een vir ʼn paar jaar lank gevolg voor ek aan ʼn ander roete gedink het. Nou stap ons ook deur die winkeldistrik,” het Hisao gesê. “As ons meer tyd het, stap ons twee keer op en af in die straat – dis sowat ʼn kilometer.”

Bon-chan was oorspronklik klein genoeg om in Hisao se hand te pas en hy en sy vrou het geweet die skilpad gaan groter word, maar hulle het nie verwag dat hy só groot gaan word nie. Bon-chan weeg tans sowat 70 kg.

Hisao is reeds bekommerd dat Bon-chan in ʼn stadium aan iemand anders gaan moet behoort, omdat dié tipe skilpaaie tot 100 jaar oud kan word. “Ek hoop daar is iemand wat vir my sal sê hulle sal na hom kan omsien. Ek neem aan ek en Bon-chan sal minstens nog 10 jaar lank saam kan stap.”

ʼn Stappie, wat gewoonlik ongeveer 5 minute sou duur, neem sowat ʼn uur lank, omdat Bon-chan so stadig stap en omdat die twee gereeld voorgekeer word deur verbygangers wat eers foto’s van hom wil neem.

@sugoimart

im only living for the kabuto on his head tbh ???? #fyp #foryoupage #africantortoise #japanthings #animals #japanlife #tsukishima #japan #sugoimart

♬ original sound – sugoimart

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.