Video: Straatkunstenaar speel “Hallelujah” op glase

‘n Video is deur ‘n gebruiker op YouTube gelaai van ‘n straatkunstenaar wat Leonard Cohen se “Hallelujah” op kristalglase vir toeriste speel.

Die video is Maandag deur ‘n Israeli YouTube-gebruiker opgelaai, maar dit is nie duidelik waar of wanneer die opname gedoen is nie. Van die persone wat op die video kommentaar gelewer het, beweer die musikant is Alexander Zoltan van Praag, wat ook glo musiekstukke Bach, ABBA, Beatles en Led Zeppelin op sy “glas-harp” speel. Zoltan het sy glasharp in die 1980s in Australië gebou en het reeds twee CD’s laat opneem.

Cohen se “Hallelujah” is in 1984 uitgereik en word deur talle kunstenaars gesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.