Video: Studente se Aprilgekgrappie ‘n internetsensasie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Studente het hul dosent op Aprilgekdag met ʼn slap riem gevang. Die video is die afgelope vier dae reeds byna 20 miljoen keer gekyk.

Die dosent het die studente, aan die Aquinas-kollege in Grand Rapids, Michigan, gedwing om hul selfone met die telefoon se luidspreker te beantwoord indien dit in die klas lui.

Almal in die video het toestemming gegee dat die video op YouTube gepubliseer mag word. Byskrifte is beskikbaar indien kykers nie kan hoor wat oor die telefoon gesê word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.