Video: Suksesvolle veldtog vir die “lelike” wortel en “belaglike” aartappel

groteske appelʼn Supermark in Frankryk het ʼn uiters suksesvolle bemarkingsveldtog van stapel gestuur om seker te maak dat die “lelike”, misvormde groente en vrugte ook verkoop word.

Na raming word tot 300 miljoen ton kos jaarliks weggegooi en Intermarché, die derde grootste kettingwinkelgroep in Frankryk, het besluit om sy deel te doen om seker te maak dat misvormde groente en vrugte nie verlore sou gaan nie. Klante wil gewoonlik nie die “groteske” appel, die “belaglike” aartappel, die “afskuwelike” lemoen, die “mislukte” suurlemoen, die “misvormde” eiervrug, “lelike” wortel of die “ellendige” mandaryn koop nie.

Kyk gerus die volgende video om te sien hoe Intermarché met ʼn rolprent, plakkate en radio-advertensies die estetiese waarde van dié groente en vrugte verander het. Daar is nou net een probleem: daar is te min!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.