[Video] Suzelle en Helen Zille leer water spaar

Suzelle DIY en Helen Zille. Foto: Skermgreep uit die video.

Suzelle DIY en Helen Zille. Foto: Skermgreep uit die video.

Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, is in ʼn nuwe skreeusnaakse video oor waterbesparing saam met die DIY-ghoeroe, Suzelle, te sien soos nog nooit vantevore nie.

Dié video spreek die waterskaarstes vir Wêreldwaterdag aan met oulike wenke oor hoe om water-slim te wees.

Suzelle sê in dié video die gemiddelde huishouding gebruik ongeveer 250 liter water per dag.

Sy deel waterbesparingswenke soos om ʼn emmer saam met jou in die stort te neem en dan jou plante nat te gooi met die water wat jy opgevang het, of klein bietjies water bymekaar te maak uit waterbottels wat rondlê of om die kraan toe te draai wanneer jy tande borsel in dié grappige video.

22 Maart is ook Wêreldwaterdag. Dié dag word jaarliks gevier om die aandag te vestig op die belangrikheid van toegang tot skoon en vars water, en om voorspraak te maak vir die volhoubare bestuur van varswaterbronne.

Het jy geweet? Volgens ʼn verklaring van die organisasie, Islamic Relief, kan ʼn persoon slegs drie dae lank oorleef sonder water. Terwyl die media grootliks aandag skenk aan oorloë en konfliksituasies, is die tekort aan varswater daagliks die oorsaak van duisende sterftes.

Suid-Afrika gaan ook tans gebuk onder die ergste droogte nog. Die Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes, Limpopo en KwaZulu-Natal is in die besonder deur die droogte geteister.

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.

Miskien kan dié video jou help om jou te deel by te dra tot waterbesparing in Suid-Afrika:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ronnie ·

O, ek geniet vir Suzelle. En Helen is net so snaaks. Sy is ‘n regte “sport”.

Tania Lochner ·

Dis heerlike, skoon en ligte vermaak en nog leersaam ook. Die alle daagse nuus is so vol dood, moord en negatiewe nuus. Almal het bietjie humor nodig. Ek dink baie mense het vergeet hoe om te lag.. Suzelle is ‘n tonic.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.