ʼn Video vir ʼn nuwe sweefbord is op YouTube gelaai en is die afgelope twee dae reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.
Die HUVr-sweefbord word deur die bekende skaatsplankryer Tony Hawk, musikant Moby en die akteur Christopher Lloyd van Back to the Future-faam ondersteun, berig The Verge.
Volgens die video is die “alles die waarheid”, en HUVr Corp het glo van kenners gebruik gemaak om “anti-graviteit” te behaal.
Die veldtog blyk egter ʼn foefie te wees, maar dit is nog nie duidelik wat die veldtog probeer bemark nie. Volgens die webwerf moet die publiek egter nog tot Desember 2014 vir die onthulling wag.
Klik hier om te lees hoe The Verge die foefie probeer ontbloot.
Klik hier om HUVr se webwerf te besoek en klik hier om HUVr se Facebook-blad te besoek.