Video: Sy dra tweelingsus oor wenstreep

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die 13-jarige tweelingsussies Chloe en Claire Gruenke het dalk laaste gekom in die 800m tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Illinois in die VSA maar hulle het beslis die skare se harte gewen.

KHOU berig dat die tweelingsussies saam die 800m gehardloop het toe Chloe haar been beseer en geval het. Dit is toe dat Claire haar sussie op haar rug getel het en hulle saam die wedloop voltooi het. Volgens Claire is sportmanskap en liefde baie belangriker as om te wen.

GeoBeats News het die video op Youtube gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.