Ellie Farmer, wat binnekort haar tweede verjaardag vier, is ʼn ywerige rotsklimmer en video’s van dié klein lyfie wat die hoogtes aandurf is baie gewild op sosiale media.
Ellie se ouers, Zak Farmer (31) en Rachael (28), het ʼn rotsklimmuur in haar kamer gebou toe sy twee maande oud was. Sy kon haarself ses maande later reeds aan goed begin optrek en het die muur gebruik om mee te balanseer.
Die hoogste muur war Ellie al geklim het, was 2 meter.
Sy vier glo ook haar eie prestasie deur te jil en in die rondte te draai en hande te klap.
Lees meer: Today.com
Maar is die kleinding nie te ougat nie?