Video: T-hemp het ingeboude lugverkoelingstelsel

Reon Pocket (Sony)

ʼn Beginnersonderneming, ʼn filiaal van Sony, het ʼn toestel bekendgestel vir enigiemand wat nog altyd ʼn lugverkoelingstelsel op snikhete dae wou ronddra.

Die Reon Pocket is ʼn Bluetooth-toestel, byna so groot soos ʼn klein beursie. Dit is só ontwerp dat jy dit met ʼn spesiale silikoonmateriaal hemp kan dra wat ʼn klein sakkie agterop die rug het, net onder jou nek.

Jy beheer dan die Reon Pocket met ʼn app en na bewering kan dié toestel jou op warm dae tot 13°C koeler laat voel, en op koue dae kan jy 8°C warmer wees.

Top Ten Reviews berig die toestel maak gebruik van die sogenaamde “Peltier”-effek, waar klein elektriese stroombane hitte kan absorbeer of vrystel.

Volgens Big Think is die toestel gemik op persone wat koel (of warm) wil bly wanneer hulle werk toe pendel. Die batterylewe is na bewering 24 uur en dit duur ongeveer twee uur om die Reon Pocket te herlaai.

Die Reon Pocket is ongelukkig in hierdie stadium nog net in Japan beskikbaar en sal na verwagting teen Maart 2020 aan voornemende kopers versprei word. Dit kos ¥12,760 (sowat R1 800). Sony het nog nie aangedui of die toestel ook in ander lande versprei sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

5 Kommentare

Rene ·

Dit sal goed wees vir mense met MS omdat erg hitte en baie koue weer hulle so negatief affekteer. Sal beslis een vir my man koop as dit hier in SA beskikbaar is.

Johann cb ·

Hoe/waarmee was jy hierdie T-hemp? Of is die toestel water bestand?

Robert ·

Jy hoef nie verder te kyk na die ontwerp van die professionele toetskrieket spelers se hemde nie. Spesiaal ontwerk vir maksimum verkoeling op die veld. Geen nodigheid vir battery aangedrewe foefies nie.

Wielspore ·

Kwaliteit katoen klere is ontwerp om dieselfde te doen, geen batterye nodig. Dit is hoekom dit raadsaam is om vir babas katoen onderklere aan te trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.