Waatlemoene is darem een van die lekkerste dinge in die somer en ʼn baie gewilde keuse langs die swembad. Maar sou jy kans sien om dié waatlemoen te eet?
Elkeen het sy eie manier hoe om ʼn waatlemoen op te sny, maar dié man maak ʼn kunswerk daarvan.
Die gebruiker Buitengebieden het ʼn video op Twitter gedeel met die byskrif “waatlemoenkuns”. Dit is reeds byna 730 000 keer gekyk.
Kykers staan verstom oor die man se tegniek. “Wonderlik! Soveel talent!” skryf een kyker. “So mooi en die moeite werd – maak nie saak hoe tydelik of kortstondig dit is nie,” skryf ʼn ander. “Om die mooiheid en doel van die video te verstaan, moet mens die mooiheid en doel van kuns begryp. As mens net kos sien, is dit ook oukei.”
Watermelon art.. ???? pic.twitter.com/JYKSQt1op2
— Buitengebieden (@buitengebieden) May 24, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Baie Geduld né !!
wat is dit wat die waatlemoen kuns gedoen het, opskrif se dis ‘n vrou, in die verdere kommentaar word gese dis ‘n man, nou wat nou ????