Video: Te oulik! Golden retriever maak vriende met ʼn dolfyn

Kevin ontmoet Winter (Skermgreep uit die video)

ʼn Golden retriever wat roem verwerf het op Instagram, het nou ekstra aanhangers gewerf met video’s waar hy met dolfyne vriende maak.

Kevin is ʼn goue apporteerhond oorspronklik van Tampa in Florida, VSA, berig People Magazine. Hy het bekendheid verwerf vir sy oulike eendjiehoed.

Die Clearwater Marine Aquarium het in Julie vanjaar van Kevin te hore gekom. Een van hul dolfyne, Winter, is net so lief vir eendjies en hulle het Kevin genooi om aanlyn met Winter en haar bewaarder, Katie Wojdyla, te gesels.

Hulle het ook ʼn video vir Kevin gestuur waar Winter met ʼn rubbereendjie speel. Een van die video’s wys hoe Kevin nuuskierig aan die skerm snuif terwyl hy die video kyk. “Is dit die begin van ʼn ‘pawfect friendship’?” het die akwarium geskryf toe hulle die video gedeel het. En dit was!

Volgens Travel + Leisure het Kevin se eienaar, Elysse Gorney, hom op 7 Augustus na die akwarium geneem sodat hy Winter kon ontmoet. “Kevin was alleen in die akwarium, so hy kon ʼn hele paar nuwe vriende ontmoet!” het Gorney gesê.

Kevin het by die akwarium Winter en die ander dolfyne, Hope, PJ, Nicholas en Hemingway ontmoet.

ʼn Video van die ontmoeting laat harte smelt. “Dit lyk soos die beste dag ooit!” skryf een persoon. “Dis waarskynlik die beste video wat ek nog ooit gesien het,” skryf ʼn ander.

Nog ʼn video wys hoe Kevin ook maats maak met die pelikane.

Winter het ʼn prostese gekry toe haar stert in ʼn krap-wip gevang is. Sy is te sien in flieks soos Dolphin Tale en Dolphin Tale 2.

Kevin sien Winter op die rekenaar:

Kevin ontmoet Winter in die werklike lewe:

Kevin ontmoet nog vriende:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.