Video: Tier kom sy moses teë

Skermgreep uit die video

ʼn Video van die interaksie tussen ʼn luislang en ʼn tier maak weer opslae nadat dit op Twitter gedeel is. Die video is reeds op 31 Augustus 2018 in ʼn reservaat in Karnataka, Indië, verfilm.

Sharath Abraham van die Evolve Back-oord, het die video geneem.

Abraham het die video op Instagram gedeel en gesê die voorval het by die Nagarhole-reservaat plaasgevind.

“Ek was by Kabinirivier-lodge toe ek gesien het hoe dié tier sy gebied merk,” het hy gesê. Hulle het die tier vir ongeveer 15 minute lank agtervolg tot die tier op ʼn luislang afgekom het. Die luislang het kompleet soos ʼn spoedhobbel in die pad gelyk. “Die tier was verward oor wat om te doen.”

In die video kan mens sien die tier probeer versigtig eers ondersoek instel voor hy in die bosse langs die luislang verdwyn.

“Die tier het in die bosse verdwyn en aan die ander kant van die luislang weer teruggekeer pad toe.”

Klaarblyklik weet dié tier presies watter gevaar ʼn luislang inhou.

Die video het weer opslae gemaak toe Susanta Nanda, ʼn bosboubeampte van Indië, dit op Twitter gedeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jsgroen ·

Wyse besluit. Al gesien tiere en luiperds sien vir omtrent alles kans, maar los maar daai slang uit. Kan net moeilikheid kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.