[Video] Tier maak vriende met sy ‘middagete’

Timur en Amur in hul hok by die safaripark in Rusland

Timur en Amur in hul hok by die safaripark in Rusland

ʼn Bok wat in ʼn hok by ʼn safaripark vrygelaat is om as middagete te dien vir ʼn tier, het die onwaarskynlike reggekry en vriende gemaak met dié roofdier.

Personeellede by die park in Rusland is “stomgeslaan” oor die bok se dapperheid en die Siberiese tier se gewilligheid om ʼn vriendskap aan te knoop.

Foto’s wat die dieretuin vrygestel het, wys hoe Amur die tier op die dak van sy skuiling gaan lê wanneer die bok in sy “bed” inkruip.

“Die bok het geen vrees getoon nie,” het ʼn bewaarder van die Far Eastern Safari Park in Sjkotovski in Primorski aan The Siberian Times gesê. “Hy het na die tier gekyk en toe sy skuiling oorgeneem.”

Volgens die bewaarder voer hulle twee maal per week lewendige prooi aan die tiere en Amur is vaardig om bokke en hase te jag. “Maar onlangs het hy dié bok gekry en geweier om hom te jag.”

Die bok is intussen “Timur” gedoop, wat “yster” beteken. “Ons dink die bok was dalk nog nooit aan tiere blootgestel nie en het dalk nie geweet hy moet bang wees nie!”

Volgens die bewaarders stap die twee nou elke dag in die hok rond en dit lyk of hulle “vriende” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Pragtig. Dit is hoe dit in YAHVAH se ryk sal wees. Geen vyandskap slegs vrede en geluk met mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.