In hierdie episode van Tips & Trix gee Simoné en Francois wenke oor hoe om ‘n kampterrein fliekaand (“bosbioskoop”) op te stel.
Simoné maak ‘n tuisgemaakte projektor en fokus op romantiese happies wat jy vir die “date night” kan maak. Francois verskaf nog ‘n braaiwenk en stel aan kykers die hand-palm-vinger-metode bekend om te toets of jou vleis gaar is.
Tips & Trix is ʼn minireeks deur ATKV-Sake en akteurs Francois Jacobs en Simoné Nortmann gee aan kykers wenke oor hoe om hul kamp-ervaring te vergemaklik. Die reeks word vervaardig deur The Film Factory.
Haak jou karavaan en verken saam met Francois en Simoné die ATKV se spogoorde! Vir meer inligting oor die ATKV besoek gerus hulle webwerf en ATKV-oorde of kontak hulle gerus op 011 919 9000.
Sien Tips & Trix met Simoné en Francois se vorige video’s hier.