[Video] Tips & Trix: Hoe om die natuur natuurlik te hanteer

Skermgreep uit die video

Simoné is nie so mal oor die natuurlike elemente van die natuur nie en Francois kan nie insekte hanteer nie.

In hierdie episode van Tips & Trix gee Simoné wenke vir ‘n insekvrye kampterrein terwyl Francois wenke gee oor hoe om ‘n bierhoender te braai.

Tips & Trix is ʼn minireeks deur ATKV-Sake en akteurs Francois Jacobs en Simoné Nortmann gee aan kykers wenke oor hoe om hul kamp-ervaring te vergemaklik. Die reeks word vervaardig deur The Film Factory.

Haak jou karavaan en verken saam met Francois en Simoné die ATKV se spogoorde! Vir meer inligting oor die ATKV besoek gerus hulle webwerf en ATKV-oorde of kontak hulle gerus op 011 919 9000.

Sien Tips & Trix met Simoné en Francois se vorige video’s hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Renier ·

Simone is n asemrowende vrou, pragtig binne en buite. Mis dit om haar elke aand op die kassie te sien, veral in Hotel.

Pietman ·

“Tips & trix” bevordering van Afrikaans met ‘n engelse titel? (A)TKV saam met Kyknet dra lekker by tot die vernietiging van afrikaans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.