[Video] Tips & Trix: Om te kampeer

Skermgreep uit die video

Tips & Trix met Simoné en Francois is ’n opwindende minireeks van ATKV-Sake wat reeds vanaf 9 Junie op Die Groot Ontbyt te siene is.

Kykers kan onder meer uitsien na nóg skreeusnaakse episodes waarin akteurs Francois Jacobs en Simoné Nortmann die hoofrolle vertolk. Tips & Trix gee aan kykers wenke oor hoe om hul kamp-ervaring te vergemaklik.

In hierdie episode verduidelik Simoné hoe om ‘n sleepwa en koelboks behoorlik te pak terwyl Francois braaiwenke verskaf.

Kykers kan in volgende episodes uitsien na wenke soos hoe om smaaklike stokbrood en malvalekker-nagereg te maak en hoe om jou buurman se kampstoele tot jou voordeel te gebruik.

The Film Factory wat onder meer Vir Altyd en Pad na jou hart vervaardig het, is die vervaardigers van dié reeks. Oord-avonture in dié reeks is natuurlik in niks anders as ’n Toyota aangepak nie.

Tips & Trix bied aan kykers ‘n lekker komedie-inspuiting op Vrydae-oggende en hopelik ook iets om jou volgende kampeervakansie te vergemaklik. Anders as normale reklame, probeer ons deur produksies soos Die Koekemoers en Tips & Trix, gaste te vermaak en wys te maak!” vertel Reinard du Plessis, hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking by ATKV-Sake.

Simoné meen die uniekheid van dié minireeks lê juis in die feit dat sy en Francois hulself speel en dat die humor in elke episode spontaan is. Francois leer kykers hoe om ʼn tent op te slaan en wanneer hy droogmaak, kom Simoné tot sy redding.

“Die braai-tonele was die lekkerste,” het Francois bygevoeg.

Danie Bester, vervaardiger van Tips & Trix, voeg by Francois en Simoné is albei akteurs wat baie energie en humor tot die tafel bring en dit is waarom dié twee akteurs gekies is om in die minireeks te speel.

Die minireeks ontlok verskeie lagbuie en skaterlag-oomblikke wat vermaak vir die hele gesin verskaf! Haak jou karavaan en verken saam met Francois en Simoné die ATKV se spogoorde!

Vir meer inligting oor die ATKV besoek gerus hulle webwerf en ATKV-oorde of kontak hulle gerus op 011 919 9000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jack Russl ·

Gelukkig is hierdie episode oor hoe om die koelboks te pak en nie die waentjie nie. Meeste swaar goed is voor gepak, glad nie gebalanseer nie

Kelvin ·

Ek sal dit kyk net vir haar, sy’s n pragtige mens, binne en buite, baie goeie aktrise ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.