Kamp hoef nie ongemaklik te wees nie! In hierdie episode van Tips en Trix praat Simoné en Francois oor slaapgewoontes en slaapmetodes asook hoe om jou tent op te knap.
In hierdie episode van Tips & Trix gee Simoné ʼn paar wenke oor beligting vir jou staanplek en hoe om warm te bly in ʼn tent.
Tips & Trix is ʼn minireeks deur ATKV-Sake en akteurs Francois Jacobs en Simoné Nortmann gee aan kykers wenke oor hoe om hul kamp-ervaring te vergemaklik. Die reeks word vervaardig deur The Film Factory.
Haak jou karavaan en verken saam met Francois en Simoné die ATKV se spogoorde! Vir meer inligting oor die ATKV besoek gerus hulle webwerf en ATKV-oorde of kontak hulle gerus op 011 919 9000.
Sien Tips & Trix met Simoné en Francois se vorige video’s hier.