[Video] Tips & Trix: Stel jou kampeerterrein op

Simoné en Francois (Skermgreep uit die video)

In dié episode van Tips & Trix met Simoné en Francois kry jy ʼn paar oulike wenke om jou kampeerstaanplek op te stel.

Tips & Trix is ’n opwindende nuwe minireeks van ATKV-Sake. Kykers kan onder meer uitsien na nóg skreeusnaakse episodes waarin akteurs Francois Jacobs en Simoné Nortmann die hoofrolle vertolk. Tips & Trix gee aan kykers wenke oor hoe om hul kamp-ervaring te vergemaklik.

The Film Factory wat onder meer Vir Altyd en Pad na jou hart vervaardig het, is die vervaardigers van dié reeks. Oord-avonture in dié reeks is natuurlik in niks anders as ’n Toyota aangepak nie.

Die minireeks ontlok verskeie lagbuie en skaterlag-oomblikke wat vermaak vir die hele gesin verskaf! Haak jou karavaan en verken saam met Francois en Simoné die ATKV se spogoorde!

Vir meer inligting oor die ATKV besoek gerus hulle webwerf en ATKV-oorde of kontak hulle gerus op 011 919 9000.

Sien Tips & Trix met Simoné en Francois se eerste video hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

HK ·

Sy kon dit alleen gedoen het, sonder hierdie vol vanhomself rugridder

TD ·

en daai Suzelle wat n namaaksil is van 100’de programme, en dan skryf sy nie dit eens self nie. Daai is nou wat ek noem n pateet.

T ·

Gelukkig is almal geregtig op opinie ha ha, ek se hulle nie sleg nie dit is net effe irreterend .

T ·

En ek moet se Suzelle doen erg goed en maak erg naam vir haarself of sy dit nou self skryf of nie, sy doen erg goed. maar ek gun hulle ook hulle idees en kollig.

T ·

hulle moes net hulle eie “identityt” gevind het want sy probeer te veel soos Suzelle wees met die noodles ens .. dis net ‘n opmerking .. hulle kan hulle eie styl kry en dit sal goed wees. Maar hulle probeer te veel nou wees soos Suzelle en Mariaan dis al wat ek bedoel

Petro D ·

As ek die twee mense in een skerm sien weet ek sommer hier is PRET! Ons is al OU kampers maar van hulle “tips” is artykeer nogal handig. Hulle is oulike jong mense en vind aanklank by almal xxx

Sandra ·

Ek stem saam met jou T hulle moes net hulle eie ding doen en nie die Suzelle dom Mariaan ding volg nie dit is uniek aan Suzelle en Mariaan. Hulle moet hulle eie styl kry.

Susie ·

Ek dink net nie Suzelle sit aan nie, maar hoe sy werklik is.

Sandra ·

Ek stem saam Susie sy is natuurlik goed en snaaks ek se nie die twee sleg nie, hulle moet net eie styl ook kry. Sy probeer net bietjie te veel soos Suzelle wees dit is al,.

TM ·

Ek weet nie, maar hierdie werk nie vir my nie. Dalk is dit omdat almal nou deesdae selfhelp programme wil aanbied en dit raak nou te veel. Hulle is nie sleg nie, maar dit voel aangeplak en geoefen. Jy kry natuurlike snaakse mense en mense wat moet oefen om snaaks te wees. Hopelik raak dit beter

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.