ʼn Video van ʼn groep kinders in Japan wat in rye in ʼn sirkelvorm saam touspring, het sosialemediagebruikers gaande. Die video is reeds meer as 5 miljoen keer op Facebook gekyk.
Die video, wat deur die Fuji-touspringvereniging op Facebook gelaai is, wys hoe die kinders foutloos deur die tou bly spring.
Die kinders is in hul sesde skooljaar in Fuji, in die Shizuoka-provinsie, Japan en die oefening is deel van die Kattobi-gradueringsprojek.
Die Fuji-touspringvereniging word ondersteun deur die Fuji-raad van onderwys.
https://youtu.be/Wz578qnIKxU
.
Goeie besginsels vir Afrikaner samewerking t.o.v. Plan B!