ʼn Paartjie se huwelikseremonie was ietwat meer opwindend as wat hulle verwag het. Hulle het Saterdag in Raipur, Chhattisgarh in Indië getrou.
ʼn Verhewe platform, kompleet met vuurwerke, het tydens een van die seremonies omgeval. Die paartjie het gelukkig slegs geringe beserings opgedoen en die seremonie het ʼn halfuur later hervat.
In ʼn video, wat wyd op sosiale media versprei word, staan die bruid en bruidegom op die platform wat van die verhoog af opgehys word. Oomblikke later breek die harnas en die twee val op die verhoog.
Geen klag is ná die voorval ingedien nie.
Die geleentheidsbestuursmaatskappy, wat die program beplan het, het om verskoning gevra vir die voorval. ʼn Werknemer het gesê die voorval het tydens die Sangeet-seremonie gebeur weens “tegniese probleme”.
“Niemand is beseer nie. Die bruid en bruidegom is veilig,” het hy gesê en bygevoeg die maatskappy sal seker maak só iets gebeur nie weer nie.
During a wedding function in Raipur, the bride and the groom were on a swing suddenly, the harness snaps and the couple take a tumble both of them are safe with minor injuries @ndtv @ndtvindia pic.twitter.com/ABHa2AMDtK
— Anurag Dwary (@Anurag_Dwary) December 13, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Lekker lag ek nou, alles moet moes net groter en beter wees in vandag se media behepte wereld.
Dit raak al hoe mimder n dag vir trou en meer n dag van spog met jou geld.
Deesdae gaan die huwelikseremonie nie meer oor die huweliksbelofte nie. Hoe groter die vertoning en swier, hoe groter die genoegdoening skynbaar. Net jammer vir baie hou die huwelike nie eens lank genoeg om die skuld aangegaan vir die swierige onthaal te delg nie.
Uhm … ek dink ek sou twee keer gedink het voor ek met die plegtigheid voortgegaan het (nodeloos om te sê: ek is op ‘n gevorderde ouderdom ongetroud). Dis asof Karma toegeslaan het …