Video: Tuimeltoertjie op gespande koord

Andy Lewis

“Slacklining”, ‘n nuwe sportsoort waar gebruikers hul balans tot die uiterste beproef, maak wêreldwyd opslae.

‘n Nylongordel word tussen twee ankerpunte gespan. Dit verskil van gewone spankoord (tightrope)-loop in dié opsig dat dit ‘n dinamiese, strekkende en bonsende koord is wat met ‘n lang, dun trampolien vergelyk kan word. Die koord se spanning kan gestel word om by die gebruiker te pas.

Andy Lewis, wat reeds ‘n hele paar verbysterende rekords in dié sportsoort verower het, is nou weer in die nuus weens die jaarlikse BANFF Mountain Film Festival wat tans in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap op die silwerdoek draai. Lewis, wat ook as “Sketchy Andy” of “SkAndy” bekendstaan, het vroeër in 2012 tydens Madonna se Super Bowl XLVI Halftyd-vertoning ‘n reeks toertjies voor ‘n wêreldwye gehoor van nagenoeg 114 miljoen mense uitgevoer. Hy het met die volgende video alreeds in 2007 opslae gemaak:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.